The group will feature the latest book arrivals, as well as our great bargains and lots of other useful updates.
R190.00
Frances se nuwe stiefma Helene is ’n modeontwerper; haar kaste vol hoëhakskoene en perfekte grimering in skerp teenstelling met Frances se vae herinneringe aan haar eie ma: kaalvoetpieknieks in die buitelug, innemende glimlag. Boonop het Helene ’n dogter, vier jaar ouer as Frances, en dié Amie is ’n opgradering van haar ma se modesagteware. Frances en Helene gaan kuier in New York vir Amie, vir bietjie “bonding”. Op die koop toe wil Helene haar nuwe reeks ekovriendelike handsakke by ‘n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die argitektuur en die park in die
middel van die stad; sy lief die worsrolletjies wat mens sommer so op straat koop en die New Yorkers se skurwe selfvoldaanheid. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
1 in stock
The group will feature the latest book arrivals, as well as our great bargains and lots of other useful updates.
Reviews
There are no reviews yet.