
Ouma is ‘n Kroek
25th May 2020
Oupa Ontsnap
25th May 2020Mnr Stink
R170.00
Meneer Stink het gestink. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. Hy was na alles ‘n boemelaar. Hy het nie ‘n huis gehad nie en kon hom nêrens ordentlik was nie. Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg – maar hy’s die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime ‘n manier het om op ‘n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom …
2 in stock