I’m The Girl Who Was Raped
13th August 2021Dans van die Sterre
13th August 2021Verklikker
R80.00
Treine het nog altyd vir Marco Lange ‘n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie.
Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.
Out of stock
ISBN: 9780799349573
SKU: LP0328
Categories: Adult/Volwasse, Books / Boeke, On Special, Storieboeke / Storybooks
Tag: Leon van Nierop