Wat sal ons Wikkels se Hondjie Noem?
31st January 2024Reus van der Bees
31st January 2024Paul en Vlekkie
R160.00
Paul en sy ouers het onlangs van die platteland na die groot stad getrek. En al is die stad vol mense en bedrywigheid, is Paul eensaam. Op n dag gaan stap hy in die reen en kom op n klein hondjie af wat verdwaal is. Hy soek die eienaar van die hondjie, maar kry niemand en besluit om Vlekkie huis toe te vat. Hulle word groot vriende, maar Vlekkie mis sy basie, veral teen slaaptyd. Paul weet dis die regte ding om Vlekkie se eienaar te soek, al wil hy nie die hondjie verloor nie. Maar om die regte ding doen bring vir Paul onverwagse geluk… Dis n pragtige storie wat hartsnare roer. Dit leer kinders dat optelgoed nie vatgoed is nie en dat dit aan die regte eienaar behoort. En selfs, om die regte ding te doen, is meer verrykend en bevredigend as wat hulle dink.
Out of stock