Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke – en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel.
Reviews
There are no reviews yet.