Jamie & Sebastiaan – Omnibus
R250.00
Jamie en Sebastiaan is terug in ’n fantastiese omnibus Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met ’n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat – van noue ontkomings uit die hande van ’n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol. Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is ’n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter.
2 in stock
Additional information
Weight |
1 kg |
Dimensions |
13.5 × 21 cm |
Ages |
9+
|
Language |
Afrikaans
|
Pages |
319
|
Reviews
There are no reviews yet.