Going Solo
27th August 2020The 91-Storey Treehouse
29th August 2020Die Avonture van Kuifie: Kuifie in Amerika
R130.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles. Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in ‘n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is. Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?
Out of stock