
Minivers in Danger
18th Feb 2021
Professor Fungus #12 en die Monsterformule
22nd Feb 2021Sanri Steyn #5: Die Monsters van Middernagstraat
R150.00 R80.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri se neus begin kriewel toe ’n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding – sy ruik ’n storie!
Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies ’n oomblik lank in ’n monster verander …
’n Nare monster met bloedrooi oë, ’n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek.
Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn …
1 in stock
SKU: 9780799380033
Categories: Afrikaanse Storieboeke, Books / Boeke, Children / Kinders, On Special, Storieboeke (9+)
Tag: Theresa van Baalen
Reviews 0
Be the first to review “Sanri Steyn #5: Die Monsters van Middernagstraat” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.