Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil ’n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar! Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar groot toekomsdrome. Hulle spot net met haar en laat haar gedurig in die moeilikheid beland.
Reviews
There are no reviews yet.