
Big Bears Can
15th June 2020
Cinderella
15th June 2020Nuwe Alles-In-Een Graad 6 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal
R165.00
Hierdie boek bevat waardevolle taal- en leesoefeninge vir die addisionele taal- leerder ontwikkel volgens die KABV. Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n prettige, interaktiewe manier te ontwikkel. Die leesoefeninge bevat uittreksels uit kontemporêre kinder- en jeugboeke wat ‘n leerder se verbeelding sal prikkel en hulle sal aanmoedig om met begrip te lees.
Die oefenboek bevat taal- en begripsoefeninge alles-in-een. Die boeke verryk taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinskonstruksie tot verkleiningsvorme) en help die leerder om Afrikaans onder die knie te kry. Die boek is gebruikersvriendelik en bevorder leerders se taalvermoë.
Daar is min teorie in hierdie boek. Die aanslag is veel eerder om die leerder te help om te ontdek deur ’n verskeidenheid aktiwiteite wat blokkiesraaisels, woordsoekraaisels, omkring die regte woord, ensovoorts, insluit. Hierdie oefenboek sal leerders help om eksamenfiks in Afrikaans Addisionele Taal te raak.
2 in stock
Reviews
There are no reviews yet.