My Eerste Ensiklopedie
R500.00 R250.00
Waar is die eerste Olimpiese Spele gehou? Hoeveel bene is in jou liggaam? Watter reptiele van Nieu-Seeland het saam met die dinosourusse geleef? Watter soogdiere kan vlieg?
Hoe word ’n ster gebore? Hoeveel atome is daar in ’n waterdruppel? Wat gebeur as jy ’n peperment in gaskoeldrank gooi?
My eerste ensiklopedie, ’n deeglike hardeband van 312 bladsye, is ’n ideale eerste naslaanboek vir jong slimkoppe wat gretig is om meer oor die wêreld rondom hulle uit te vind. Hierdie fantastiese, omvattende ensiklopedie moedig kinders aan om die wêreld te verken en selfstandig te leer. Met boeiende volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, dek die boek onderwerpe soos geskiedenis, aardrykskunde, diere, plante, mense, wetenskap en die ruimte – die ideale wegspringplek om ’n lewenslange belangstelling in ons fassinerende wêreld te kweek en die perfekte ensiklopedie vir jong lesers!
10 in stock
Reviews
There are no reviews yet.