
Hoezit! #12 – Die Wonderwêreld van Vreemde Diere
20th May 2020
Hoezit! #18 – Die Wonderwêreld van Voertuie
20th May 2020Hoezit! #11 – Die Wonderwêreld van Babadiere
R95.00 R90.00
Waarom bring ’n baba-kangaroe die eerste paar maande van sy lewe in sy ma se buidel deur? Hoeveel melk kan ’n olifantkalfie in een dag drink? Hoe leer ’n baba-sjimpansee om al die dinge te doen wat sy ma en pa kan doen? Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue? Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wereld van babadiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van babadiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontdek van die oulikste babadiere in die wereld, en vind uit hoe hulle aangepas is om in die natuur te oorleef.
3 in stock
Reviews
There are no reviews yet.