
Superheroes Vlieg Net Saans
18th Jun 2015
Melly, Mrs Ho and Me
1st Oct 2015Bravo, Lulu
R150.00 R130.00
Lulu droom daarvan om ‘n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Daarom is sy baie opgewonde toe haar balletjuffrou aankondig hulle gaan ‘n spesiale konsert vir die jaarafsluiting hou. Lulu gaan nie net die rol van meerminprinses dans nie – sy gaan ook die kans kry om ‘n paar van die wonderlike uitrustings self te ontwerp!
Maar die tweeling Alex en Alet dink ballet is simpel. Hulle terg gedurig vir Lulu en Carmen oor die balletklasse. Toe Alex per ongeluk ‘n rol in die balletkonsert losslaan, is die gort gaar. Sal hy die spesiale seerowerprins-uitrusting dra wat Lulu vir hom ontwerp? Of gaan die balletkonsert ‘n groot flop wees…?
1 in stock
SKU: 9780799375565
Categories: Afrikaanse Storieboeke, Books / Boeke, Children / Kinders, On Special, Storieboeke (6+)
Tag: Fanie Viljoen
Reviews 0
Be the first to review “Bravo, Lulu” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.