The group will feature the latest book arrivals, as well as our great bargains and lots of other useful updates.
R73.50
Hierdie leesreeks is in vier vlakke gegradeer, met vier boeke per vlak (’n totaal van 16 boeke per leesjaar of graad). Elkeen van die vlakke is ontwerp om progressief groter uitdagings te stel aan die leerder se oogspan, dekoderingsvermoë asook fonemiese vaardighede.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks stel die leerder bekend aan ’n groot verskeidenheid taalpatrone en gedrukte tekskenmerke. In die leesboeke gaan die leerders kennis maak met verhalende teks, strokiesprente, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies, eenvoudige toneelstukkies en grafiese teks. Namate die leser se lees- en skryfvaardighede ontwikkel, is daar aktiwiteite in die leesboeke ten opsigte van struktuur, woordeskat, woord- en sinsbou wat die leser kan voltooi. In elke boek word ’n aantal hoë-frekwensie sigwoordeskat uitgelig en geoefen.
Die leesboeke is spesiaal geskryf om die ontwikkelingsvlak, ervaringswêreld en sin van humor van die leerder in die Grondslagfase te akkommodeer.
1 in stock
The group will feature the latest book arrivals, as well as our great bargains and lots of other useful updates.
Reviews
There are no reviews yet.