In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meesterstorieverteller...
Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam...
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en...
Die ratel-gesin van Melkhoutbos soek graag na heuning wat hulle dan in hulle huisie stoor sodat hulle selfs in die koue wintermaande heuning kan eet. Maar deesdae gebeur 'n baie rare ding! Iets of iemand is besig om van hulle heuning te steel! Rika Ratel is vasberade om die dief te vang.
Penneman Ystervarkie is baie hartseer. Hy is nie na Krummel Klaasneusmuis se verjaarsdag Partytjie uitgenooi nie omdat hy altyd die balonne met sy skerp penne bars. Mamma Speldekussing maak 'n plan dat Penneman wel na die partytjie kan gaan, maar dan maak Rooikat ok sy opwagting..
In hierdie prettige rymende boek kan 'n cowboy leer dat 'n mens selfs in die Wilde Weste gaaf kan wees. Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees... en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Doer ver op die horison kom 'n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word 'n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, daar aangery kom! 'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die...
Wie kom daar oor die vaal, verlate vlakte aangery? Dit is Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty. Na 'n lang dag is die twee baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer 'n skrikbewind onder die inwoners. Die sluwe skurk met sy nare kraai steel al die dorp se water. Maar as...
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil ’n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar! Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar groot toekomsdrome....
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies… Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is...
Janie, Bianka en Tamsin land op wollerige wolke hoog in die lug bo die Geheime Koninkryk. Dis hope pret om op die wolke rond te bons! Maar kort voor lank besef hulle Koningin Gorina se nare planne kan die einde van Wolkeiland beteken ...
Dis Midsomernag, die betowerendste tyd van die jaar! Al die feetjies is by Skitterstrand om te kyk hoe die koninkryk se towerkrag vir nog ’n jaar herlaai word. Maar die nare koningin Gorina is ook in die omtrek ... Kan Janie, Bianka en Tamsin die sprankelstof red – voordat dit te laat is?
Die groot dag het uiteindelik aangebreek - Anri gaan vir die eerste keer saam met Sugarplum aan 'n ruiterkompetisie deelneem! Maar iets geheimsinnig is by die kompetisie aan die gang ... Kos verdwyn links en regs, en Karen is vasbeslote om die dief te vang. Boonop is Vinette weer vas van plan om Anri-hulle 'n les te leer ...
Daar is 'n nuwe ruiter by die Dagbreek-ryskool. Anri, Megan en Karen is opgewonde om maats te maak met Suné. Maar hoekom tree sy partykeer so vreemd op? Hoe beter Anri die nuwe meisie leer ken, hoe meer is sy oortuig dat iets nie heeltemal pluis is nie ...
Die sirkus is op pad! Anri, Megan en Karen kan nie wag om die Lombardi-sirkus in aksie te sien nie – veral die pragtige, spierwit Arabierperde. Maar dan begin iemand skokkende bewerings oor die sirkus maak. Word die diere by die sirkus sleg behandel? Die drie Stalmaats besluit om ondersoek in te stel …